Removed from the App Store

Laerskool Elarduspark

1.0.1 for iPhone, iPad
Free
0

0 Ratings

Update Date

2017-01-12

Size

18.0 MB

Screenshots for iPhone

iPhone
Laerskool Elarduspark Description
Geskiedenis van die Skool

Laerskool Elarduspark is in Januarie 1983 geopen met 731 leerders deur Mnr. Grove alombekend as Oom Liggies. Van die staan spoor af was dit duidelik dat hierdie blou skool sterk beginsels, waardes en tradisies voorstaan en ‘n sterk band met hul Skepper behou.

In Augustus 1983 word Dr. Jan van Rensburg aangestel as Hoof. Onder sy leiding word verder voortgebou op die besondere hoë akademiese-, kultuur- en sportprestasies.

Mnr. HA Verster neem in 1994 die leisels by hom oor. Lardies vorm ‘n vennootskap ussen die ouerhuis en die skool en leerders voel veilig en geborge.

In Januarie 2013 word Mnr. Toy Human as Hoof aangestel. Met sy passievolle leiding is dit duidelik dat die dinamiese jong Hoof alle standaarde wil oortref, dat hy baie lief is vir kinders en dat hy graag die ekstra myl wil loop!

In 2015 is ons skool die enigste skool in die ooste van Pretoria wat kon spog met 7 pare Graad 1 tweelinge wat die jaar ingeskryf het.

Doel en Strewe

Laerskool Elarduspark streef na die verwesenliking van die volgende doelstellings:

1. Die handhawing, beskerming en bevordering van:

Christelike onderwys en om toe te sien dat die Woord van God as rigsnoer dien om die Christelike waardes by ons kinders in te skerp;
Christelike waardes met die erkenning en beskerming van vryheid van geloof, spraak en assosiasie;
Afrikaans as die amptelike voertaal en onderrigmedium;
Hoë onderrig- en akademiese standaarde;
Buitekurrikulêre aktiwiteite.

2. Die uitbouing en beskerming van:

Die karakter en etos van die skool; Die Skoollied, die Skoolwapen en die Leuse van die Skool.

3. Die opvoeding van leerlinge tot verantwoordelike burgerskap.

4. Personeelontwikkeling.

5. Die identifisering en ontwikkeling van leerlingleiers.

6. Die uitbreiding van ouervennootskap.

7. Strydleuse.
Laerskool Elarduspark 1.0.1 Update
2017-01-12
- Minor UI changes
More Information
Price:
Free
Version:
1.0.1
Size:
18.0 MB
Update Date:
2017-01-12
Language:
English

Safe to Download

AppPure.com and the download link of this app are 100% safe. The download link of this app will be redirected to the official App Store site, thus the app is original and has not been modified in any way.

Got it
X
Share

Share this page with your friends if you find it useful

Facebook Linkedin Pinterest Tumblr Twitter Whatsapp Line
1.0.1 2016-07-08
- Minor UI changes